Erm's I.T. Girl – Zelna Ellis

Don't fear when Zel is near…

Akkurate weervoorspelling

Dit is April en die Boesmans in ’n afgeleë deel van die Kalahari vra hulle nuwe stamhoof of dit hierdie winter matig of koud gaan wees. Omdat hy stamhoof is in meer moderne tye, het hy nooit die ou geheime geleer nie. Wanneer hy die lug bestudeer, kon hy nie sê hoe die winter gaan wees nie.Nieteenstaande het hy besluit om dit veilig te speel en hy sê toe dat dit n koue winter gaan wees en hulle moet begin brandhout bymekaar maak ter voorbereiding. Hy is egter n praktiese man en na ’n paar dae kry hy ’n plan. Hy stap na n publieke telefoonhokkie by die nasionale pad, skakel die weerburo en vra: “Gaan die komende winter koud wees in die Kalahari?””Ja dit lyk so” sê die een wat geantwoord het.Hy gaan terug na die stam en sê hulle moet nog meer hout bymekaar maak.’n Week later skakel hy weer die weerburo.”Lyk dit nog steeds na n baie koue winter?””Ja, dit gaan baie koud wees.”Hy gaan terug en beveel hulle om elke stukkie hout wat hulle vind, op te tel.Na twee weke skakel hy weer.”Is julle heeltemal seker dat dit baie koud gaan wees?””Absoluut”, kom die antwoord, “dit lyk al hoe meer na een van die koudste winters ooit.””Wat maak julle so seker?””Ons satelliet fotos wys die Boesmans maak verwoed hout bymekaar, en dis altyd n sekere teken.”

Posted with WordPress for BlackBerry.

4 November 2010 - Posted by | Jokes | , ,

No comments yet.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: